Aankondiging

Aankondiging Module
Collapse
No announcement yet.

Blomme kyk

Page Title Module
Move Remove Collapse
X
Conversation Detail Module
Collapse
  • Filter
  • Tyd
  • Show
Clear All
new posts

  • Blomme kyk

    Hoeveel van julle op die forum beplan om blomme te gaan kyk hierdie jaar? Wanneer is die beste tyd vir so 'n toer? Vir hoe lank moet mens gaan om dit die moeite werd te maak? Watter roete is die beste, ons wil blomme gaan kyk maar ook al die intressante plekke ook sien.

  • #2
    Re: Blomme kyk

    Hi Ronell,

    Mens moet begin kyk wanneer die reentyd begin in Namakwaland om te sien wanneer die blomseisoen begin. As dit goed genoeg gereen het in Junie en Julie, dan sal die blommetjies begin in Augustus, en met reen in Augustus aanhou tot September. Meeste mense glo middel tot einde Augustus is die beste tyd, maar ons praat van die natuur hier, en dit is nie 'n skakelaar wat mens aansit op 1 Augustus en afsit op 30 September nie, elke seisoen is anders, party goed, party minder goed, party langer, party korter. Mens moet net oppas vir die Oostewind in Namakwaland, hy droog die grond uit en dan val/verdor die blommetjies vinnig agv hul vlak wortelsisteme. Die interresantheid is dat die blom seisoen begin by die see met sy vygies, dan beweeg dit na die groter plate blomme meer binneland en eindig in die berge met die bolplante.

    Plekke om jou basis te maak vir 'n paar dae (ten minste 2-3 aande, sodat mens 2-3 vol dae het in elke dorp se omgewing) is Springbok en Kamieskroon al is hulle so 70 km uitmekaar op die N7 (mens moet die weer in ag neem, niks erger om 1 dag te spandeer in area met klomp blomme en dit reen of dit is te koud!). Die blomme maak oop as dit warm genoeg is en mens moet ry met die son agter jou want hulle draai gedruende die dag agter die son aan.

    Iet om in gedagte te hou is dat meeste van die paaie is grondpaaie, veral as jy wil rondry in areas wes en oos van die N7 en in nasionale parke soos Goegap by Springbok en Namakwaland Nasionale Park by Kamieskroon.

    Meeste van die dorpe het inligtingsentrums met daaglikse op datum informasie omtrent die blomme, en dan natuurlik vir enige ander besienswardighede in die dorp en omgewing.

    http://www.northerncape.org.za/getti...gions/Namakwa/

    Springbok (het 2 karavaan parke). Mens kan Goegap natuurreservaat toe gaan (net buite dorp, verby lughawe). Hulle het 'n vetplanttuin by hoofgebou en sirkelroete in die park waar mens kokerbome en plate blomme kan sien.

    Ander interresante goed om te sien sentreer om die myne rondom Springbok en dorpe in omgewing. Okiep se ou kopermyn en geboue (via Okiep Hotel). Nababeep se mynmuseum. In Springbok self, Bloumyn (ou Kopermyn). Dan is daar natuurlik in Springbok die indrukwekkende NG Kerk en die bekende Springbok Kafee.

    Baie interresante pad met passe (gebou deur Italiaanse krysgevangenes - mens kan hul huisvesting bouvalle in vallei nog sien) van net suid van Springbok via Wildeperdehoek Pas, Studers Pas, na Kommagas, Soebatsfontein, Koiingnaas na Hondeklipbaai (Tipies klein dorpie hawe, met skeepswrak, rowwe see, klein oorbly plekkies, interresante eetplekkies, ens). Van Hondeklipbaai kan mens terug na via Wallekraal, Kamieskroon toe of na Garies.

    Kamieskroon (het 2 karavaanparke). Mens kan van hier af Namakwaland Nasionale Park toe gaan, met sy plate blomme en sirkel roete. Van Kamieskroon af kan mens ook in die berge in gaan na Nourivier (kokerbome, matjieshuise) en Leliefontein (boplante wat blom, geel bulbinella) - dorp is op dieselfde hoogte as Johannesburg en kry sneeu in winter as weer reg is - (sendingstasie kerk, radio/tv toring parkeerarea vir uitsig - op mooi dag kan mens die see sien) via die Kamiesbergpas. Mens kan ook aanry in die berge tot by Garies via Studerspas en dan terugkom na Kamieskroon op die N7.

    Garies het in die blommeseisoen , 'n lekker tuisbedryf/koffiewinkel/informasie/aandenkings winkel in die hoofweg. Meeste van die ander dorpies soos Kamieskroon, ens doen dit ook...

    Vanrhynsdorp (1 karavaan park)

    Vetplante en alwyne (Oom Buys Wiese se kwekery), van Vanrhynsdorp kan mens natuurlik weer via Nieuwoudtville (het ook Glenlyon natuurreservaat, oulike eet/besoek plekke, insluitend motorfiets museum en gekapte klip argitektuur), Calvinia, Brandvlei Kenhardt, Keimoes, elkeen met sy eie goed om te sien en te doen, maar sonder blomme, terug Upington toe.

    Weet nie of julle nog verder Suid gaan kom nie, maar daar is ook mooi blomme te sien (natuurlik (Ramskop) en as uitstalling in dorp se ou kerk) in Clanwilliam en dan nog verder suid kry mens die Weskus Nasionale Park naby Langebaan...

    Groete,
    Last edited by Andre Beyleveld; 22-04-13, 10:41.

    Comment


    • #3
      Re: Blomme kyk

      Originally posted by Andre Beyleveld View Post
      Nieuwoudtville - Brandvlei
      Moet tog nie die pad mis tusen die twee dorpe nie. Dit gaan deur n dorpie met die naam van Loeriesfontein. Die dorpie self isniks spesiaals nie, maar die pad soontoe van Nuetville (soos hulle hom uitspreek) gaan verby n waterval en n kokerboomwoud. Die pad tusen Brandvlei en Loeriesfontein is grond, maar n baie goeie grondpad met ongelooflikke blommeprag.

      Comment


      • #4
        Re: Blomme kyk

        Hi,

        Moenie vergeet nie, dat Loeriesfontein se Álaim to fame is sy windpomp museum van amper 30 windpompe...Daar is net 2 in die wereld. Ander een in Amerika.

        Groete,

        Comment


        • #5
          Re: Blomme kyk

          Andrť,

          Vertel ons nog van die Weskus en sy besienswaardighede asb. Ek verstaan by Darling is ook mooi blomme asook die Darlingfees.

          Dis ver van Kaapstad af tot by Springbok. Watter deel sal jy sÍ is eintlik diť blommeplek?

          Comment


          • #6
            Re: Blomme kyk

            Hi Patat,

            Mens moet ook onthou dis nie net die afstand om daar te kom nie, mens moet nog rondry daar om die blomme te gaan soek en sien...Van daai sirkel roetes van dorp na dorpie na dorp, waarvan ek in my vorige pos gepraat het hierbo is maklik 'n 100 km of meer.

            As mense gaan blomme kyk gaan hulle of Namakwaland toe of hulle gaan na die Weskus area toe...of albei!

            Namakwaland (Noord-Kaap) se blomme area hart is Springbok-Kamieskroon-Garies en die omgewing rondom hulle. Dis waar mens die nasionale parke ook vind en die maklikste toegang het tot die mooiste blomme.

            Die webwerf: http://www.northerncape.org.za/getti...gions/Namakwa/ wys mens mooi waar dit is.

            http://www.northerncape.org.za/getti.../flower_route/

            Weskus: Weskus Nasionale Park by Langebaan, en die veldblom skoue van Darling, Hopefield en so aan.

            As mens die hele lot in een trip gaan doen met Clanwilliam en omgewing en die Hantam (Calvinia en omgewing) het mens sekerlik die hele seisoen nodig! Dit hang maar af van watter kant jy kom en wat jy alles wil doen en sien, en hoeveel tyd jy het.

            Dan is daar nog hoe die mense van die blomme hou. Party mense hou ook om die blomme langs die see te sien, die plate blomme in die platter areas, die blomme tussen die klippe van die berge.

            Namakwaland het sy eie bekoring, nes die Weskus ook.

            Groete,

            Comment


            • #7
              Re: Blomme kyk

              Andre vreeslik baie dankie, ons beplan om so tussen 4 en 6 weke te gaan rondrey, Loeriesfontein is beslis op ons lysie, my skoonpa het daar groot geword, was in Sept 2012 baie vining daar deur, maar wil beslis meer tyd daar spandeer, daar is nogal bietjie nostalgie vir my man daar, maar nogmaals baie dankie

              Comment


              • #8
                Re: Blomme kyk

                Ronell, Ons was verlede jaar Sept daar. Blomme was baie mooi.
                Hou die blomme hier by ons dop en wanneer hulle begin blom dan blom dit in Namakwa land.
                Staan by n plek(los die wa) en ry uit, in die oggend so 10h00 dan ry julle wes en in die agtermiddag oos.
                Hou stil en loop indie veld in en kyk dan sie n mens die blomme meer as wat jy ry.
                Ons het op Springbok begin en toe suid gery.
                Die beste is waneer jy terug ry JHB toe dan neem n mens eers waar hoeveel blomme langs die pad is.
                Daar is vroeer al blomme vet plant blomme in die veld nie baie kleurvol soos die ander nie maar is daar so hou still en klim uit.
                Geniet dit.
                Last edited by Fred van Wyk; 25-04-13, 16:27.

                Comment


                • #9
                  Re: Blomme kyk

                  Ek het as kind in Vredendal gebly (pa was Stasiemeester daar vir 3 jaar in die 60's)

                  Het toe baie blomme gaan kyk saam met ouers en hulle se vriende, in daai omgewing.
                  Ek was ongelukkig te klein (5-7) om regtig die mooi daarvan te kon waardeer.

                  Sal baie graag vir Yvonne in daai rigting wil neem om te gaan kyk.

                  P.S.
                  Het nog van die mooi op 8mm film.
                  Last edited by Harry Du Randt; 25-04-13, 16:39.

                  Comment


                  • #10
                    Re: Blomme kyk

                    Harry, Jy moet dan plan maak. Sien jy wil orals gaan-------------------------- nie sarkasties nie hoor

                    Comment


                    • #11
                      Re: Blomme kyk

                      Originally posted by Fred van Wyk View Post
                      Harry, Jy moet dan plan maak. Sien jy wil orals gaan-------------------------- nie sarkasties nie hoor
                      Dit is so Fred.

                      Met my besigheid is ek redelik los, maar Yvonne se besigheid gaan staan amper as sy moet weggaan.

                      Ons "baklei" baie daar oor, want sy piep haar werkers op en hulle kan niks sonder haar doen nie.

                      Die probleem is, mense lewe net een maal.

                      Comment


                      • #12
                        Re: Blomme kyk

                        Originally posted by Fred van Wyk View Post
                        Hou die blomme hier by ons dop en wanneer hulle begin blom dan blom dit in Namakwa land.
                        Sjoe Fred ... is jy seker?

                        Al die belangrike aspekte is genoem op hierdie draad. Ek dink net jy bespreek nie met 'n karavaan nie en jy gun jouself genoeg tyd, so twee tot drie weke, dalk vier as jy kan, ingeval dit 'n uitsonderlike blomme-jaar is.

                        Comment


                        • #13
                          Re: Blomme kyk

                          Dries n mens bespreek nie. Jy ry net.
                          Die wa is vir die dae as as dit reen of jy moeg is dan slaap jy laat.
                          Gaste huis is duur

                          Comment


                          • #14
                            Re: Blomme kyk

                            Dankie Fred, jy is doodreg gastehuise is baie duur, het verlede jaar September in Nieuwoudtville in 'n gasthuis oorgeslaap, en jy wil nie weet wat dit ons gekos het nie, en dit sluit nie kos in nie, ons verkies die karavaan, dis my eie huisie op wiele, en ons wil baie rondry, ander interessante plekke ook gaan besoek, soos reeds gese definitief Loeriesfontein, omdat my man se familie van daar af kom, baie dankie vir al die inligting

                            Comment

                            Working...
                            X