Aankondiging

Aankondiging Module
Collapse
No announcement yet.

Die lank en die kort van: Punte skemas, Vakansieklubs en Tyddeel

Page Title Module
Move Remove Collapse
X
Conversation Detail Module
Collapse
  • Filter
  • Tyd
  • Show
Clear All
new posts

  • Die lank en die kort van: Punte skemas, Vakansieklubs en Tyddeel

    Ek het in 1995, 25 "vakansie klub"-punte gekoop teen R25 000 soos almal weet, teen wonderlike voorwensels. Dit het redelik gegaan omrede dit nog 'n nuwe maatskappy was maar hoe meer mense gekoop het hoe minder kry jy plek as jy probeer bespreek, logies. Met die besigheid wat ek gehad het, het my punte opgeloop tot maksimum toelaatbaar van 75 punte. Met ure se sit op hulle on-line-bookings het ons toe vroeg in Sept. twee weke se plek gekry aan KZN se kus, 71punte of drie jaar se opspaar later. Kort na die bespreking word skoonpa ernstig siek en bel ons die besprekingskantoor om te kanselleer, wat ons inlig om 'n doktersbrief in te gee. So gedoen en deur ge-mail. Ons hoor niks. Ons sou nou toe vir net drie dae by die see gewees het wat skoonpa sterf. Ons kontak hulle weer telefonies en versoek hulle die doodsartifikaat...so gedoen. Ons wag vir 'n refund vir ons punte..hoor niks. Bel, e-posse, bel e-posse...hoor niks. Hier kom 'n niksbeduidende staat per e-pos na twee-en-'n -halwe maand se baklei waarin hulle ons 16 punte teruggee.Weer bel ons en my fuse was klaaar te kort en ek ontplof! Lang storie kort, ons het 16 uit die 71 punte teruggekry = 22.3% !!!
    Die goed kos my meer as R500 pm en ek gaan dit net eenvoudig STOP en al my geld verloor, dis beter as om verder geld te verloor, jy kry anyway nie plek behalwe as jy 18 maande vooruit bespreek.Dan moet jy tevrede wees waar hulle jou indruk.Nee dankie ek is klaaaaaar met die bliksms!!!
    Waarsku al wat leef om nie dom te wees om punte te koop nie! Kamp jou kamp met jou eie wa!
    Demoerin
    Johann
    Last edited by Johnnie; 01-11-12, 19:37.

  • #2
    Re: Bly weg....vertel almal!!!

    Daai punte storie het nog nooit vir my sense gemaak nie. Ek stem saam met jou, met my wa kan ek kamp waar en waneer ek wil. Die lekkerste van als is, hy is klaar betaal.

    Comment


    • #3
      Re: Bly weg....vertel almal!!!

      Noem asb die vakansieklub by die naam.

      Comment


      • #4
        Re: Bly weg....vertel almal!!!

        Ons is by Flex-Club,dis net so n gemors.Jy kan dit ook nie verkoop nie.Hulle het so klomp bullsh!t(jammer vir die Frans)
        Jy moet alles betaal het,in ander woorde dit is joune in totaal,al jou gelde is op betaal vir daai jaar,en jy kan dit net verkoop taussen Jan- Maart.
        Last edited by expat; 01-11-12, 18:46.

        Comment


        • #5
          Re: Bly weg....vertel almal!!!

          Originally posted by Ghriespomp View Post
          Noem asb die vakansieklub by die naam.
          Was bang ek adverteer dalk hulle uiterste k^k diens: THE HOLIDAY CLUB Ek het reeds by "Hello Peter" geregistreer om hulle
          te help 'adverteer' en hoor my lied, ek kan adverteer!! Sien reeds op die web dat daar sommer 'n lot klagtes is oor hulle!

          Comment


          • #6
            Re: Bly weg....vertel almal!!!

            Ek het ook 'n ruk terug in dieselfde gat geval met timeshare punte. Later moeg gesukkel en gemoan alles opgegee en eerder my reeds betaalde geld verloor as die jaarlikse fooi vir 0% terug. Nou kamp ons maar en share mekaar se time met 'n sundownertjie wat ek nie hoef af te betaal nie. Kry toe gereeld oproepe van mense wat gladnie verstaan wat "Ek stel nie belang nie" beteken nie. Ek vra eendag vir die tannie watter gedeelte daarvan ek mooi vir haar moet verduidelik, toe gooi sy die foon in my oor neer........
            Lanklaas van hulle gehoor.

            Comment


            • #7
              Re: Bly weg....vertel almal!!!

              Wat verstaan julle nie? Hierdie punte stelsel werk op dieselfde wyse as 'n piramide skema. Hulle het beperkte plek en verkoop dit oor en oor sodat daar soveel mense is wat dit wil hê maar hulle kan nie die plek verskaf nie. Gaan lê klagtes van bedrog teen hulle soos wat met die piramide skemas gedoen is want die beginsel is dieselfde.

              Comment


              • #8
                Re: Bly weg....vertel almal!!!

                Interessant dat pogings tot tyddeel in woonwaparke nie veel aftrek gekry het nie.

                So drie jaar gelede was daar 'n ou met die naam, Alwyn, wat 'n skema by Mbizi bemark het. Dit het gou gesneuwel.

                My woonwa is eintlik my "tyddeel" want ek kan kies waar en wanneer ek wil kamp. As Paasnaweek en Desember te duur is, bly ek tuis.

                Comment


                • #9
                  Re: Bly weg....vertel almal!!!

                  Ek is spyt om te sien jy het soveel probleme met Holiday Club Johnnie - ek het egter presies die teenoorgestelde ervaring met hulle.

                  Ek het in 1989 'n week tyddeel by Beekman Brothers (vandag Holiday Club) gekoop gedurende die Oktober skoolvakansie vir die kolosale bedrag van R 1 600-00. met die jare het my levies opgeloop en ek betaal tans slegs R 1650-00 'n jaar.
                  Ja, hulle het gekom met die "omskakeling" na punte toe. My skoonma het dit gedoen tot haar spyt, maar ek en die Ooi het vasgeskop en het nog die "ou" tyddeel. Ek ruil gereeld via die Holiday Club uit met 'n basiese uitruilingsfooi van omtrent R 300 en het al uitgeruil in die laeveld, magaliespark, Kaapstad, Oostenryk, Frankryk en Disney World en kan net goeie terugvoer gee.

                  Wat natuurlik by my anders is is dat ek nie punte het nie, maar 'n week tyddeel geaffilieer by RCI - miskien is dit die RCI lidmaatskap wat my help

                  Hoop julle kom reg en ja, kamp bly lekker, maar ek gebruik my week by die see in a chalet net so baie

                  Comment


                  • #10
                    Re: Bly weg....vertel almal!!!

                    Originally posted by JC View Post
                    Wat verstaan julle nie? Hierdie punte stelsel werk op dieselfde wyse as 'n piramide skema. Hulle het beperkte plek en verkoop dit oor en oor sodat daar soveel mense is wat dit wil hê maar hulle kan nie die plek verskaf nie. Gaan lê klagtes van bedrog teen hulle soos wat met die piramide skemas gedoen is want die beginsel is dieselfde.
                    Dit is die deel wat my nou juis 'de sewe duizend donners in' maak omdat hulle so skelm is. Nou sit bv honderd duisend poepolle wat ingekoop het met ruimte vir 25% vakansietyd en die maatskappy smile van oor tot oor, antwoord nie fone nie , volg nie klagtes op nie, steur hulle anyway aan niks nie, hulle het mos ons geld. Nee ek gaan stop al is dit al heeltemaal te laat!

                    Comment


                    • #11
                      Re: Bly weg....vertel almal!!!

                      @Blesbok: RCI doen die ding ek stem dat jy kan spacebank en oorsee gaan of uitruil MITS daar plek is maar met THC is jy in jou moer as jy nie 18 maande vooruit kan bespreek nie, dan moet jy vreet wat vir jou opgeskep word!
                      Luister na hierdie voorwaarde: JY moet tien weke VOORDAT IETS MET JOU GEBEUR reeds jou bespreking kanselleer! LMGA!!!! Wie het bepaal dat skoompa 10 weke later moet sterf...ekke???
                      Dan is hulle gewillig om jou 'n volle refund te gee, later as 10 weke slegs 50%. Ek het 22% teruggekry vir 'n "sympathetic claim" (hoe huil ek tog nou)!
                      Last edited by Johnnie; 01-11-12, 19:48.

                      Comment


                      • #12
                        Re: Bly weg....vertel almal!!!

                        Johnnie - ek hoor wat jy sê en oor kansellasies kan ek nie saampraat nie. Ek was gelukkig genoeg om nog nooit te moes kanselleer nie. Ek het al op baie kort kennisgewing uitruilingsgedoen en was ook nog altyd gelukkig. Het al drie weke voor die Oktober skoolvakansie skielik moes plek kry in die Kaap omdat my knaap aan die SA Karate Kampieonskappe moes deelneem. My bespreking op die KZN Suid-Kus was reeds gefinaliseer, maar hulle het my baie vinnig gehelp en dit het my net die uitruiilfooi gekos.
                        MAAR, ek glo dit is omdatdat ek nie op die puntestelsel is nie en dat ek nog die RCI agterdeur het. Ek is miskien nog net gelukkig en weet verseker, as hulle my dieselfde nonsens gee, gaan ek hulle net soveel gas gee soos jy

                        Comment


                        • #13
                          Re: Bly weg....vertel almal!!!

                          Originally posted by Johnnie View Post
                          Was bang ek adverteer dalk hulle uiterste k^k diens: THE HOLIDAY CLUB Ek het reeds by "Hello Peter" geregistreer om hulle
                          te help 'adverteer' en hoor my lied, ek kan adverteer!! Sien reeds op die web dat daar sommer 'n lot klagtes is oor hulle!
                          My ma het ook uiteindelik besluit om net die jaar gelde te kanseleer en dit tot niet te gaan. Al die afbetaling en en en het tot niet gegaan. Dis seker een van die grootste "lega" money making schemes daai. Ons het ook nooi plek gekry nie.

                          Comment


                          • #14
                            Re: Bly weg....vertel almal!!!

                            Originally posted by Blesbok View Post
                            Ek is spyt om te sien jy het soveel probleme met Holiday Club Johnnie - ek het egter presies die teenoorgestelde ervaring met hulle.

                            Ek het in 1989 'n week tyddeel by Beekman Brothers (vandag Holiday Club) gekoop gedurende die Oktober skoolvakansie vir die kolosale bedrag van R 1 600-00. met die jare het my levies opgeloop en ek betaal tans slegs R 1650-00 'n jaar.
                            Ja, hulle het gekom met die "omskakeling" na punte toe. My skoonma het dit gedoen tot haar spyt, maar ek en die Ooi het vasgeskop en het nog die "ou" tyddeel. Ek ruil gereeld via die Holiday Club uit met 'n basiese uitruilingsfooi van omtrent R 300 en het al uitgeruil in die laeveld, magaliespark, Kaapstad, Oostenryk, Frankryk en Disney World en kan net goeie terugvoer gee.

                            Wat natuurlik by my anders is is dat ek nie punte het nie, maar 'n week tyddeel geaffilieer by RCI - miskien is dit die RCI lidmaatskap wat my help

                            Hoop julle kom reg en ja, kamp bly lekker, maar ek gebruik my week by die see in a chalet net so baie
                            Blesbok, vriende van ons se ouers het ook die "week" stelsel. Dit het nog goed gewerk. Jy was versker van jou week in die jaar by dieselfde plek. Sou jy nie wou gaan nie kan jy dit bank.
                            Maar die belangrikste is, sou jy wou gaan is jy verseker jou plek is daar. Dis joune.
                            Die nuwe stelsel werk ongelukkig nie so nie. Die punte stelsel is net n gemors.
                            Jy is onderhewig aan "beskikbaarheid". En glo my, ek het 3jaar probeer. Geen plek is ooit beskikbaar nie...

                            Nee wat, koop jou "van", betaal jou petrol, maak n trip daarvan, en kamp dat die rook trek. Ten minste weet jy jou bed gaan wees by die plek waar jy aankom.

                            Last edited by Corné Wagemaker; 01-11-12, 20:32.

                            Comment


                            • #15
                              Re: Bly weg....vertel almal!!!

                              Originally posted by Johnnie View Post
                              Ek het in 1995, 25 "vakansie klub"-punte gekoop teen R25 000 soos almal weet, teen wonderlike voorwensels. Dit het redelik gegaan omrede dit nog 'n nuwe maatskappy was maar hoe meer mense gekoop het hoe minder kry jy plek as jy probeer bespreek, logies. Met die besigheid wat ek gehad het, het my punte opgeloop tot maksimum toelaatbaar van 75 punte. Met ure se sit op hulle on-line-bookings het ons toe vroeg in Sept. twee weke se plek gekry aan KZN se kus, 71punte of drie jaar se opspaar later. Kort na die bespreking word skoonpa ernstig siek en bel ons die besprekingskantoor om te kanselleer, wat ons inlig om 'n doktersbrief in te gee. So gedoen en deur ge-mail. Ons hoor niks. Ons sou nou toe vir net drie dae by die see gewees het wat skoonpa sterf. Ons kontak hulle weer telefonies en versoek hulle die doodsartifikaat...so gedoen. Ons wag vir 'n refund vir ons punte..hoor niks. Bel, e-posse, bel e-posse...hoor niks. Hier kom 'n niksbeduidende staat per e-pos na twee-en-'n -halwe maand se baklei waarin hulle ons 16 punte teruggee.Weer bel ons en my fuse was klaaar te kort en ek ontplof! Lang storie kort, ons het 16 uit die 71 punte teruggekry = 22.3% !!!
                              Die goed kos my meer as R500 pm en ek gaan dit net eenvoudig STOP en al my geld verloor, dis beter as om verder geld te verloor, jy kry anyway nie plek behalwe as jy 18 maande vooruit bespreek.Dan moet jy tevrede wees waar hulle jou indruk.Nee dankie ek is klaaaaaar met die bliksms!!!
                              Waarsku al wat leef om nie dom te wees om punte te koop nie! Kamp jou kamp met jou eie wa!
                              Demoerin
                              Johann
                              Skoolgeld, ja, die oumense het ook geval vor die schemes.

                              Comment

                              Working...
                              X