Aankondiging

Aankondiging Module
Collapse
No announcement yet.

Kampplek met visvang?

Page Title Module
Move Remove Collapse
X
Conversation Detail Module
Collapse
  • Filter
  • Tyd
  • Show
Clear All
new posts

  • Kampplek met visvang?

    Ek is opsoek na 'n kampplek waar 'n man lekker kan visvang maar my vrou moet ook nie haar oorlogsklere aantrek na die ablusies toe nie en daar moet genoeg wees om die kids besig te hou. Ek weet dis baie gevra maar eks seker daars sulke plekke.Ons gaan kamp gereeld by Weltevrede net buite Parys op die Vaalrivier. Dis nou 'n juweel van 'n kampplek met die bogenoemde.

  • #2
    Welkom Vismal - hoop jy gaan

    Welkom Vismal - hoop jy gaan dit baie geniet!Ons ou forum vriend, Gert Venter, sal jou beslis verwys na Seekoeigat naby Loskop as ek reg onthou?Hy geniet dit blykbaar baie daar en dit klink of dit die plek is wat jy soek! Soek hier op die forum by Kamplekke en jy sal dit kry.Lekker visvang - FISH FEAR ME!! Ek maak hom net gaar en eet - nie die ding vir my nie.







    Comment


    • #3
      Hello daar!
      Ek kan een plek

      Hello daar!Ek kan een plek aan beveel: Klein Paradys naby Brits.Groete,

      Comment


      • #4
        Vismal,
        Welkomhier by ons

        Vismal,Welkomhier by ons !Langs die Vaal rivier is daar HOPE plekke,Die plekke wat jy graag wil h is daar baie....probeer Kommando drif, Bloemhofdam, Skandinawie brug,Kan jy rustig baie visvang, en ma en die kinners is gelukkig !

        Comment


        • #5
          Jy kan ook Rietspruit dam by

          Jy kan ook Rietspruit dam by Ventersdorp probeer. Amigo's is 'n lekker plek met warmwater swembad enmooi gras tot teen die water.

          Comment


          • #6
            Welkom Vismal hoop jy geniet

            Welkom Vismal hoop jy geniet dit hier op die Forum saam met ons!!!GroeteNicky(HAAI)

            Comment


            • #7
              Baie dankie almal, ek

              Baie dankie almal, ek waardeer die bydraes. Milord ek sal beslis Rietspruit probeer, daar was juis vror die jaar in die Oewerhengelaar daaroor geskryf. Ek het egter nie geweet die karavaanpark lyk so mooi nie.Ons was al by Seekoeigat, baie lekker daar maar as jy nie op die regte plek staan nie is jou visvang vergete.Hennie, het komando drif dalk 'n website wat ek kan besoek?

              Comment


              • #8
                Ek weet nie van 'n website

                Ek weet nie van 'n website nie.....hulle is maar klein, en dis in die Vrystaat......

                Comment


                • #9
                  Ek het Amigo's se website

                  Ek het Amigo's se website besoek, dit lyk indrukwekkend.

                  Comment


                  • #10
                    Hennie, waar by Bloemhof kamp

                    Hennie, waar by Bloemhof kamp jy graag?

                    Comment


                    • #11
                      Bietjie ver, maar moenie*

                      Bietjie ver, maar moenie Aldam in die FS weggooi nie......Groot visse, en heerlike kamplekke[img]/sites/default/files/user1145/DSCF5271_0.JPG[/IMG]

                      Comment


                      • #12
                        Hennie dankie vir die

                        Hennie dankie vir die foto's. Ek het hulle gebel, hulle tariewe is baie billik, R230/nag vir 6 persone, en dit in DesemberWaar kamp jy by Bloemhof?

                        Comment


                        • #13
                          Vismal,
                          Sandveld

                          Vismal,Sandveld nutuurresevaat aan die FS kant.Hulle het staanplekke met krag, maar dis 'n entjie van die water af

                          Comment


                          • #14
                            Hennie is die foto's van

                            Hennie is die foto's van Aldam Estate Resort? Hoe ver is die staanplekke van die water af?

                            Comment


                            • #15
                              Die fotos is geneemFeb 2010,

                              Die fotos is geneemFeb 2010, toe die dam oorvol was.In di foto, is die staanplekke ongeveer 300m links. Mense kamp langs die water, of in die park (met krag) en ry maar af water toe na 'n geskikte plek.Ongeveer 200m van waar die foto geneem is boontoe, is die bodem gruis, en uitstekende plek vir hengel. Vat baie erdwurms, krappe, vir geles en baber, met 'n soet degie as "backing" vir karp.Spesies in die dam is, karp, baber, geelvis en modderbek.Baie skielike winde wat opkom, so trek maar vas met stormtoue.Lekker swembad, kafee, en restourant daar, asook 'n "game drive" deur die wildtuin as die vis nie byt nie.

                              Comment

                              Working...
                              X