Aankondiging

Aankondiging Module
Collapse
No announcement yet.

Kaboedel.co.za

Page Title Module
Move Remove Collapse
X
Conversation Detail Module
Collapse
  • Filter
  • Tyd
  • Show
Clear All
new posts

  • Kaboedel.co.za

    Ek kry nou die bemarkingsboodskap in my email van Kaboedel.co.za.

    Hulle gee jou 15 digitale tydskrifte per maand digitaal. Al die Weg'ge is daar.

    Gebruik iemand dit?
    Hoe werk dit vir jou?


    Groete,
    Jacques

  • #2
    Re: Kaboedel.co.za

    Ek het nou net dieselfde e-pos gekry. Ek dink amper Wegbreker kry van sy tydskrifte digitaal. Ek sal ook graag wil weet hoe dit werk. Wonder net hoeveel spasie so 'n tydskrif opneem.

    Comment


    • #3
      Re: Kaboedel.co.za

      Hi

      Ek kry my wegsleep elektronies deur www.mysubs.co.za. Die totale spasie van die boek is so min of meer 31 meg. Ek hoop dit help

      Comment


      • #4
        Re: Kaboedel.co.za

        Hi Jacques. Die kaboedel aanbieding word deur mySubs gedoen. Ek het laasjaar 'n Bondel gekoop by hulle wat 52 Tydskrifte bevat vir R149 per maand. Hy is ongelukkig nie meer beskikbaar nie. Ek moet se ek is mal oor die digitale tydskrifte, gaar nie op in jou huis nie, en jy kan alles saam jou vat veral as jy 'n tablet het. Mysubs het 'n lekker app wat jy kan gebruik. Soos wat Jurie se, 'n tydskrif is so tussen 30 en 50MB.

        Comment


        • #5
          Re: Kaboedel.co.za

          Ah - dankie Jurie, Johanni!

          Kan mens die uitgawe as pdf aflaai?


          Groete,
          Jacques

          Comment


          • #6
            Kaboedel.co.za

            Jacques
            Ek het so 3 weke terug die kaboedel gevat. Ons kry egter al baie lank die weg en wegsleep elektronies.

            Jy het drie opsies om dit te lees, online deur die browser, met n app opjou tablet of aflaai as .pdf.

            Dit is wat my aanbetref die moeite werd, veral as jy en jou vrou n tablet het, dan is daar geen stry nie.

            Comment


            • #7
              Re: Kaboedel.co.za

              Dit klink goed Henk!

              Ek wil dit graag in pdf kan aflaai om aflyn te kan lees (in vliegtuig byvoorbeeld).
              So dis heel moontlik?

              Comment


              • #8
                Kaboedel.co.za

                Hello Jacques! Hoe gaan dit? Voel jy al beter na die Jeep ding? :-)

                Ek kry al my tydskrifte digitaal op my Ipad, so ek kan dit lees waar ek wil. Ek laai dit af en lees dit later, veral oor naweke. As ek dit klaar gelees het delete jy dit dood eenvoudig, sodat dit nie al die spasie ip die Ipad opneem nie, maar jy kan dit ter enige tyd weer gaan aflaai as jy dit weer wil lees.

                N voorbeeld is dat Weg tydskrif so om en by 48meg is, so dit vat nie so baie spasie op die Ipad op nie. Dit kan ook op ander tablette soos die Samsung Galaxy tab af gelaai word.

                Ek het juis so n 7" Samsung wat niemand n ons huishouding wil gebruik nie, so ek gaan hom in die JEEP monteer, vir gebruik van GPS, 3G internet, ens.


                JEEP groete!

                PS, jy moet liewer maar vir jou n FJ Cruiser koop, jong! Grappie!!!!!

                Comment


                • #9
                  Re: Kaboedel.co.za

                  Hugo, dit klink goed!

                  Ek hou baie van die Samsung in die Jeep idee. Mens kan net soveel meer met die goed doen. Swaertjie se geel Rubicon het daai duur MyGig Jeep unit in en oor die grens in Namibia beteken die GPS toe niks vir hom.

                  Ja man, die kop en die hart dinge ne! As FJ kon topless gaan, JA! Maar Wrangler bly maar vir my die ultimate speelding - topless is pragtig!!!

                  Besoeke

                  Comment


                  • #10
                    Kaboedel.co.za

                    Jacques
                    Jy hoef nie eers die pdf af te laai as jy die app het nie. As jy eers die tydskrif op die app afgelaai het kan jy off-line lees. Ek verkies ook die app bo n pdf, hy lees makliker vir my.

                    O ja, die app kry jy by mysubs.co.za.

                    Cheers

                    Comment


                    • #11
                      Re: Kaboedel.co.za

                      Ah - dankie Henk!

                      Comment

                      Working...
                      X