Aankondiging

Aankondiging Module
Collapse
No announcement yet.

Speling op Sleepstang

Page Title Module
Move Remove Collapse
X
Conversation Detail Module
Collapse
  • Filter
  • Tyd
  • Show
Clear All
new posts

  • Speling op Sleepstang

    Ek het eindelik die regte sleepstang gisteraand op die Jeep geinstalleer.

    My probleem met hierdie verwyderbare tipe sleepstange, is dat die inskuif deel wat die bal aan vas is so 'n 1mm speling het horisontaal en vertikaal.

    Dit gaan my mal maak as ek so moet sleep. Die eenheid het ongelukkig nie 'n styfdraai moer op nie, en ek nie besonders lus om so-iets in te boor nie.

    Ek het gedink om isolasieband om te draai, maar ek sien nie kaans vir die taai spulletjie na 'n tyd nie.

    Vassweis ook nie vir my 'n opsie nie.

    Ek luister vir enige ander slim idees asb.


    Dankie,
    Jacques

  • #2
    Re: Speling op Sleepstang

    Het ook al saam vriend gery wat so 'n sleepstang op sy Fortuner het. Nogal steurend - klink die heeltyd of iets los is! Jammer Jacques - nie nou vir jou raad nie!!! Hoop jy kom reg!

    Comment


    • #3
      Re: Speling op Sleepstang

      Ek het reg op die hoek van die "tube" 'n gat geboor (45 grade) en ge-"tap" M8

      Het toe 'n cap screw (M8) daar ingedraai wat hom skuins na bo toe was druk en my probleem was opgelos. Het hom al 7 jaar in soder probleme en nog nooi weer uitgehaal nie. Hy het ook nog nooit weer losgekom of gerattle nie

      Dit is op my Hi-Lux se tow-Master sleepstang.

      Jy moet hom net weer los draai as jy die tow-bar wil uit haal, so ry maar daai groote "allen key" saam

      Besoeke
      Last edited by Harry Du Randt; 15-10-13, 15:19.

      Comment


      • #4
        Re: Speling op Sleepstang

        Netso Vrystater...

        Dankie Harry - boor en tap - goeie opsie - dalk kan ek iewers 'n tap leen. Hoeveel mm het jy geboor vir die M8 om mooi te pas na die tap?

        Comment


        • #5
          Re: Speling op Sleepstang

          Moet se daai geklap hier agter is vrek steurend, sien juis die nuwe Ranger kom weer met 'n "regte" towbar uit?

          Comment


          • #6
            Re: Speling op Sleepstang

            Originally posted by Arie View Post
            Moet se daai geklap hier agter is vrek steurend, sien juis die nuwe Ranger kom weer met 'n "regte" towbar uit?
            6.8 mm boor vir 'n M8

            Sorry Arie, het verkeerde aanhaling gebruik

            Comment


            • #7
              Re: Speling op Sleepstang

              Originally posted by JacquesR View Post
              Netso Vrystater...

              Dankie Harry - boor en tap - goeie opsie - dalk kan ek iewers 'n tap leen. Hoeveel mm het jy geboor vir die M8 om mooi te pas na die tap?
              Ř 6.8 mm ..........

              Comment


              • #8
                Re: Speling op Sleepstang

                Originally posted by Harry Du Randt View Post
                6.8 mm boor vir 'n M8

                Sorry Arie, het verkeerde aanhaling gebruik
                Oom Harry, jy is vergewe, jy is hopeloos te groot vir my om kwaad te raak?

                Comment


                • #9
                  Re: Speling op Sleepstang

                  Gebruik Galv. cap screw (of bout) wat nie kan roes nie.

                  Met die stof en klippe (as jy grondpad ry), gaan ander gewone swart bout begin roes, dan kry jy hom dalk nie weer uit nie.

                  Comment


                  • #10
                    Re: Speling op Sleepstang

                    Originally posted by Arie View Post
                    Oom Harry, jy is vergewe, jy is hopeloos te groot vir my om kwaad te raak?
                    Groot BEK, ja

                    Comment


                    • #11
                      Re: Speling op Sleepstang

                      Moet sę ek trust nie altyd daai pen nie.

                      Swaer sin, het uit gekom en 'n sleepwa afgegooi met skade

                      Comment


                      • #12
                        Re: Speling op Sleepstang

                        Originally posted by Harry Du Randt View Post
                        Ř 6.8 mm ..........
                        Dankie Harry - vergewe die blond vraag, maar vat die tap dan 1.2mm weg dat die 8mm bout presies pas?

                        Is die 6.8mm boor nie moeilik om te kry nie?

                        Comment


                        • #13
                          Re: Speling op Sleepstang

                          Originally posted by JacquesR View Post
                          Dankie Harry - vergewe die blond vraag, maar vat die tap dan 1.2mm weg dat die 8mm bout presies pas?

                          Is die 6.8mm boor nie moeilik om te kry nie?
                          Dit is reg.

                          Jy sal die 6.8 kry by die hardewares.

                          As jy vir 'n 6.5 gaan, kan hy dalk net moeilik tap en dalk net die tap breek.

                          Die tap stelle het gewoonlik 3 "taps" in, eerste een vir begin en laaste een vir finale afrond.

                          Sorg net dat die haak uit is voor jy begin tap. As hy eers gevat het sal hy deur trek. Draai net in en uit die heeltyd.

                          Of vra iemand wat dit algedoen het. As iets verkeed gaan, kan jy dan altyd iemand anders die skuld gee

                          Comment


                          • #14
                            Re: Speling op Sleepstang

                            Dankie vir die raad Harry - veral die laaste ene!

                            Comment


                            • #15
                              Speling op Sleepstang

                              Ek verstaan nie hoe maak Bosal verskillende hakke "designs" vir die verskillende maak voertuie nie?
                              My haak op die Hilux maak vas met die skuif pen deur die kant. Die pen maak vas met n lock pin en dan sluit ek hom nog met n slot ook.
                              Dan het ek n stel skroef aan die onderkant wat n pivot pen uitdruk om die speling van bo na onder uit te skakel.
                              Dan bo en behalwe daai het hy nog 2x 21mm boute wat aan weerskante van die haak indraai wat die verwyderbare gedeelte aan die towbar self vasmaak. My haak gaan nerens heen nie!

                              Ek sien my vriend se Pajero het ook net die pen?

                              Comment

                              Working...
                              X