Aankondiging

Aankondiging Module
Collapse
No announcement yet.

Gaas voor vensters

Page Title Module
Move Remove Collapse
X
Conversation Detail Module
Collapse
  • Filter
  • Tyd
  • Show
Clear All
new posts

  • Gaas voor vensters

    Hi almal,

    Dalk is die al voorheen bespreek ,maar ek wil graag weet of iemand al muskietgaas(nylon tipe) voor hulle wa se vensters gesit het?Ek het nog nie aircon nie en hou van oop venster slaap maar die res van die gesin is bang vir goggas.Enige idees?.Wil nie graag permanente plan probeer nie.

  • #2
    RE: Gaas voor vensters

    Iemand het eendag iets geplaas oor magneetstroke waar hy die gaas voor die vensters vassit. Een strook kom teen die aan die binnekant van die venster vas, die gaas word in posisie gesit en dan met nog 'n magneetstrook in posisie gehou

    Comment


    • #3
      RE: Gaas voor vensters

      Wanner jy magneet gebruik, onthou net dat ssortgelyke pole mekaar wegstoot en andersom mekaar aan trek. Die meeste van die strook magnete is 3 polig nl. N.S.N. So wanner jy dit so wil doen doen dan moet die ander magneet S.N.S wees. Gebruik eerder "velcro" Welliswaar duurder per meter maar jy hoef nie meters en meters te koop nie.

      Groete

      Comment


      • #4
        RE: Gaas voor vensters

        ek gebruik 'n muskiet net, dink dis dalk vinneger en dalk beter?

        m2cw

        Comment


        • #5
          RE: Gaas voor vensters

          Ek het 'n woonwa gekoop waar die die vorige eienaar gaas met velcro voor die vesters ingesit het, en dit werk goed.

          Comment


          • #6
            RE: Gaas voor vensters

            Franss,
            Ek neem aan daar is 'n raam waarin die gaas kom? Waarvan is hy gemaak?
            Het jy dalk 'n foto?

            Comment


            • #7
              RE: Gaas voor vensters

              Hi Tyro,

              wel die velcro is die raam. Die een deel van die velcro is om die venster en die ander kant is die "raam" van die velcro. Ek sal vir jou 'n foto neem. My wa is tans in om 'n elkektriese yskas te laat inbou, die 12v en gas joppie werk nie so lekker met 'n 4 jarige se rooikoeldrak en pappa sie windhoewk's nie

              Comment


              • #8
                RE: Gaas voor vensters

                Dit is nou 'n interessante draad hierdie. Ek het nog altyd elke woonwa wat ek besit, van nylon gaas voor alle vensters voorsien. Trouens, woonwaens het destyds daarmee uitgekom totdat CI besluit het dat kant-gordyntjies voortaan as muskiet en gogga nette sal dien.
                Ek vertrek volgende week via Gariep na die Kgalagadi Nasionale Park en weet dat daar baie muggies en ander insekte teenwoordig is. Ek het dus net gister my muskiet-nette voltooi en gemonteer.
                Die net het ek by 'n koöperasie in Durbanville gekoop teen R7 per meter, 900mm breedt. Dit word dan geknip met 'n skêr 'n raps groter as die venster self. Bo en onder stik skattie 'n slopie (sy noem dit 'n soom) waar-binne ek gordyn-rekdraad steek, dit span en dit dan bo en onder, teen die muur, agter die kant-gordyntjies vasskroef. Die kante van die gaasnet is in ons geval net met 'n swart lint versterk vir afronding.
                Die rekdraad bo en onder trek die gaas lekker styf, maar dit kan nog steeds oopgerek word om die vensters oop of toe te maak.
                My pogings met valcro was nie so suksesvol nie.
                'n Foto sal nie eintlik sin maak nie want 'n mens kan niks sien nie.

                Len

                Comment


                • #9
                  RE: Gaas voor vensters

                  Dankie Franss en Len,
                  Ek het seker nou bietjie lank gewag om dit voor Gariep te kan doen?
                  Franss, plaas maar die foto wanneer jy jou wa terug het, asseblief.
                  Len, as jy nie omgee nie, kan ek en Marie dalk by Gariep na jou nette kyk?
                  Groete

                  Comment


                  • #10
                    RE: Gaas voor vensters

                    Sekerlik Chris, sal julle graag volgende week by Gariep wys.

                    Len
                    Ns. Dis darem 'n lekker gevoel om alreeds van "volgende week" te praat !

                    Comment


                    • #11
                      RE: Gaas voor vensters

                      Dankie Len.
                      Jyweet ons is skoon opgewonde oor die komende saamtrek.
                      Ons het maar min vriende hier en dit gaan lekker wees om sommer weer baie geselskap te hê.
                      Groete

                      Comment


                      • #12
                        RE: Gaas voor vensters

                        Kry my Wa Dinsdag dan neem ek die foto

                        Comment

                        Working...
                        X