Aankondiging

Aankondiging Module
Collapse
No announcement yet.

Sleepstange, sakplate en spesifikasieplaatjies.

Page Title Module
Move Remove Collapse
X
Conversation Detail Module
Collapse
  • Filter
  • Tyd
  • Show
Clear All
new posts

  • Sleepstange, sakplate en spesifikasieplaatjies.

    Hello almal.

    Hier volg geredigeerde weergawe.

    Na kontak met die SABS het ek 'n lys bekom van SABS goedgekeurde vervaardigers van sleepstange. Sien die forumonderwerp "Sleepstang" vir besonderhede.

    Ek het ook met twee vervaardigers gekommunikeer oor die issue van SABS toetsing, met of sonder sakplate.

    Wanneer 'n sleepstang die SABS goedkeuring dra, is die toetse gedoen sonder die gebruik van 'n sakplaat. Indien 'n sakplaat gebruik word, is dit 'n totaal nuwe montering wat op sy eie getoets moet word a.g.v. die verhoging in wringkragte op die sleepstang en die invloed wat dit het op die monteerpunte van die voertuig.

    Onthou, hoe langer die sakplaat hoe meer hefboomkrag word op die sleepstang en monteerpunte van die sleepvoertuig uitgeoefen.

    Die belading wat elke voertiug op sy sleepstangmonteerpunte kan hanteer word deur die motorvervaardigers gespesifiseer en sleepstange word dan daarvolgens ontwerp. Daar is dus besliste beperkinge hier ter sprake. Indien jy 'n sakplaat gebruik behoort jy dus 'n ligter vrag te sleep as sonder een omrede die verhoogde hefboomkragte op die trekstang en monteerpunte.

    Die Max . Tow Weight, en Max. Vert. Load word aangetoon op die sleepstang se spesifikasieplaatjie en word bepaal deur die motorvervaardiger se spesifikasies vir elke voertuig.

    Jy moet dus die vertikale belading van jou woonwa op die sleepstang bepaal. Sien gesprekke oor badkamer skaal ens. Die maksimum vertikale vrag/belading is die totale gewig waarmee die wa se disselboom op die sleepbal rus. Dit PLUS die gewig van fietsrakke met fietse op en andere mag nie die "MAX. VERT. LOAD" spesifikasie op die sleepstang se plaatjie oorskry nie.

    Groete en veilig sleep.
    Last edited by WilleWillemien; 06-02-13, 13:26.

  • #2
    Sien bo vir geredigeerde

    Sien bo vir geredigeerde weergawe.
    Groete

    Comment


    • #3
      My opinie tov die

      My opinie tov die "DROPPLATES"
      Foto 1 se "dropplate" is ook aangebring op 'n sleepstang wat 10 teen 1 goedgekeur is deur die SABS, en dié verskaf nie ekstra 2 gate om die "dropplate" mee te heg nie. Oplossing hier stel ek voor is om ekstra hegting stuk van die onderkant van die "dropplate" af na die bak werk toe te neem. Tweedens moet mens seker maak die "dropplate" is sterk genoeg om die gewig wat jy sleep te hanteer, die een kon nie en wil ek myself verstout om te sê dat die 'n kontrakteur se voertuig is wat deur meer mense as net hyself gebruik word en dan was dit ook nie net om 'n gewone S/wa of karavaan te sleep nie.
      Foto 2 lyk meer soos die gemiddeldekampeerder se "dropplate". Rede: Almal het nie toegang tot iemand wat vir hom 'n "dropplate" kan maak soos getoon in foto 3 nie, hulleis soos ek aangewese opdit wat op die rak beskikbaar is. Meeste maakmaar gebruik van 'n ses gat "dropplate" en dan is die kanse baie skraal dat die boonste vier gate van die "dropplate"ooreenstem met die van die sleepstang self, mits daar wel 4 gatein die sleepstang is.
      Ek persoonlik sal nie my karavaan met 'n dropplate sleep soos in foto 3 getoon nie, tensy dit 'n ekstra tussen stuk het van die onderkant van die "Dropplate" na die bakwerk van die voertuig toe. Die een is vir my, bietjie lank. Die vier boute wat gebruik word aan die bo-kant in foto 3 sou ek sê is manier om te gaan, maar is nie moontlik met al die "dropplates" wat op die rak is nie. Die spasieering van die rye gate is nie dieselfde nie.
      Dus as die SABS hulle werk reg doen, moet alle sleepstange slegs goedgekeur word as dit vier gate het as hegtings punt. Tweedens moet die twee rye gate 'n standaard mate uitmekaar wees sodat die "dropplate" vervaardigers die goed kan maak volgens 'n standaard.
      Tot en met dan kan die SABS slegs sleepstange goed keur (Hoe dit aan mekaar gesit is) en dalk 'n riglyn gee vir die minimum dikte van 'n "dropplate" en waarmee dit vasgeheg moet word.
      Hoe die "dropplate" vas geheg word gaan tansberus word by die sleper se deskresie.

      Comment


      • #4
        Moes ook 'n "dropplate" op my

        Moes ook 'n "dropplate" op my Colt sit. Was by die karavaan onderdele plek gese dat die Toyota en Colt dieselfde "dropplate" het maar by die huis gekom vind ek dat die boonste twee gate op die Trapezium plaat beslis nie ooreen stem met die twee van die Bosal haak aan die Colt nie.
        No. 1. Die boonste twee gate is kleiner as die res
        No. 2. en sit verder uitmekaar en
        No. 3. die spasie tussen die gate verskil.
        As ek nou die gate laatsny of boor om die boonste twee boute ook vas te draai sal dit 'n verskil aan die sterkte van die plaat maak?
        Ek vind dat die bestaande konfigurasie van net twee boute 'n stoot en trek aksie het op die voertiug wat merkbaar gevoel kan word as jy sleep.
        Ek glo ook dat die aksie die trekstang kan breek met langdurige gebruik. ( Wil juis Nam toe gaan )
        Enige raad of tegniese hulp welkom?

        Comment


        • #5
          Ek is nou spyt ek het hier

          Ek is nou spyt ek het hier gelees! Sal nou moet gaan kyk hoe lyk my sakplaat en dan maar hoop die ding hou. Het hom saam met die kar tweedehands gekoop en nooit eens gewonder of die ding volgens spesifikasies is nie. Het darem al 'n hele klompie kilo's gesleep sonder probleme. Gaan Junie Suidkus toe - hoop nie dit is te ver vir die plaat nie. Eish!

          Comment


          • #6
            So lyk WW se nuwe Yellow

            So lyk WW se nuwe Yellow Blade sleepstangplaat.Dit is 'n Staightliner bracket met 'n Yellow Blade hegstuk aangesweis.R 200 byTrapdev.Nou sal die Yellow Blade se friksieskyf nie WEEEEER die veselglas dop op die A-raam chip wanneer ek skerp na regs draai en terugstoot nie.Ek merk netnou hierdie kontrepsie op terwyl ek hier op die kampus rondloop.Nice looking, nę?[img]/sites/all/libraries/tinymce/jscripts/tiny_mce/plugins/emotions/img/smiley-smile.gif[/IMG]

            Comment


            • #7
              Daardie kar het seker 'n

              Daardie kar het seker 'n spaarwiel agter, dis hoekom hul dit so verleng, of die ou wil dalk toegang tot sy agterdeur hę as die wa aan is.

              Comment


              • #8
                Dit is nou GROOT moeilikheid

                Dit is nou GROOT moeilikheid soek. Sien die verlengstuk hang klaar af.

                Comment


                • #9
                  Ek stem, daai verlenging lyk

                  Ek stem, daai verlenging lyk na moeilikheid. Die afstand van die haak tot waar die verlenging vasbout veroorsaak ander momente en rotasies op die boute as waarvoor hulle ontwerp was. Die veranderde momente en rotasie kan beteken dat die 'shear moments' van die bout se deursnee skuif na die skroefdraad. Nee dankie.

                  Comment


                  • #10
                    Myne is nie reg...sal plan

                    Myne is nie reg...sal plan moet sien.

                    Comment


                    • #11
                      Re: Sleepstange, sakplate en spesifikasieplaatjies.

                      Joh! Die "oordra na die nuwe platform" het die ou drade erg verniel.

                      Nie veel van hierdie een oorgebly nie. Ek kan hom net sowel oordoen.

                      Comment


                      • #12
                        Re: Sleepstange, sakplate en spesifikasieplaatjies.

                        Ek het ook eendag iets gesoek oor sleepstange en op hierdie draad afgekom, maar hy maak net mooi niks sin nie....

                        Comment


                        • #13
                          Re: Sleepstange, sakplate en spesifikasieplaatjies.

                          Ek sien nie enige fotos wat julle van praat nie. Waar sien julle dit?

                          Comment


                          • #14
                            Re: Sleepstange, sakplate en spesifikasieplaatjies.

                            Dit is 'n draad wat ek lank terug geplaas het. Voor die forum laasjaar van "platform" verander het. Die verskuiwing van drade na die nuwe platform het ongelukkig baie fotos en ander tegniese toevoegings vernietig.

                            Ek sal weer soos die draad vorder die nodige fotos plaas.

                            Intussen is jy welkom om maar te vra indien iets op die draad nie vir jou sin maak nie.

                            Comment


                            • #15
                              Re: Sleepstange, sakplate en spesifikasieplaatjies.

                              Ek het maar net vir my `n 6 gat drop plate by eden woonwaens gekoop. Het `n 4 gat gehad maar die karavaan se neus was nogsteeds in die lug. Die 6 gat maak hom gelyk hardloop. Sal `n foto van my pa af kry en julle wys.

                              Comment

                              Working...
                              X